? Analise van die moeder-dogter-verhouding in geselekteerde werke van swart Afrikaanse vrouedigters

Loading...
Thumbnail Image

Date

2020

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of the Western Cape

Abstract

Die moeder-dogter-verhouding is ? terugkerende en fassinerende tema in resente skryfwerk. Dit is die onderwerp van talle wetenskaplike navorsingsartikels, maar tog het dit tot dusver min aandag ontvang in die Afrikaanse letterkunde. Die verwikkelde moeder-dogter- verhouding is ? deurlopende tema in die werk van drie swart Afrikaanse vrouedigters, nl. Ronelda Kamfer, Jolyn Phillips en Shirmoney Rhode. Elkeen plaas ? eiesoortige fokus daarop. Die dimensies van hierdie verhouding word ontleed aan die hand van die psigoanalise soos deur Freud en Lacan uiteengesit. Postkolonialisme as raamwerk word ook betrek omdat dit fokus op identiteit en die subalterne wat ? kerngegewe in die genoemde digters se werk is. Hierdie raamwerk stel egter beperkings wanneer die sielkundige aspekte ter sprake kom. Hierdie studie maak dus gebruik van ? eklektiese benadering waarin insigte uit beide teoretiese raamwerke benut word.

Description

Magister Artium - MA

Keywords

Moeder-dogter-verhouding, Swart vrouedigters, Kamfer, Rhode, Phillips, Freud, Lacan, Postkolonialisme, Psigoanalise

Citation