Adam Small (75): inleiding

dc.contributor.authorWillemse, Hein
dc.contributor.authorvan Wyk, Steward
dc.date.accessioned06/08/2014 11:24
dc.date.available06/08/2014 11:24
dc.date.issued2012
dc.description.abstractAdam Small het op 21 Desember 2011 sy vyf-en-sewentigste verjaardag gevier. Ter afwagting van hierdie geleentheid het die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) in samewerking met Tydskrif vir Letterkunde 'n simposium met die titel "Adam Small: sy lewe en werk" op Vrydag, 7 Oktober 2011 aangebied. In die loop van sy lewe as 'n skrywer en akademikus was Small aan beide die UWK en Tydskrif vir Letterkunde verbonde. Die universiteit is in 1960 te midde van groot politieke omstredenheid opgerig en Small was aanvanklik die enigste swart lektor. In 1973 bedank hy sy pos as senior lektor in Wysbegeerte in simpatie met studente-eise vir 'n aanneemliker onderrigbedeling op die UWK-kampus. In 1984 keer hy terug as professor en hoof van die Departement Maatskaplike Werk. Twaalf jaar later tree hy uit die diens. Sy verbondenheid aan Tydskrif vir Letterkunde in die vroe� 1960s was van korte duur. Saam met 'n aantal jonger Afrikaanse skrywers wat later as die Sestigers bekend sou staan, was hy deel van 'n nuwe redaksie wat 'n vars benadering in die oudste Afrikaanse liter�re tydskrif wou blaas. Persoonlikheidsgeskille met die ouer garde van Tydskrif het egter daarvoor gesorg dat die voorgenome samewerking slegs een uitgawe sou duur. Met hierdie historiese verbintenisse is dit gepas dat die Small-simposium op die kampus van die UWK plaasgevind het en dat die voordragte in Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer word.en_US
dc.description.accreditationWeb of Scienceen_US
dc.identifier.citationWillemse, H. & van Wyk, S. (2012). Adam Small (75): inleiding. Tydskrif vir Letterkunde, 49(1):5-9en_US
dc.identifier.issn0041-476X
dc.identifier.urihttps://hdl.handle.net/10566/1153
dc.language.isoafen_US
dc.privacy.showsubmitterFALSE
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_US
dc.rights� 2012 Willemse & van Wyk; licensee University of Pretoria. Permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
dc.status.ispeerreviewedTRUE
dc.subjectUniversiteit van Wes Kaaplanden_US
dc.subjectSmall-simposiumen_US
dc.subjectAdam Smallen_US
dc.titleAdam Small (75): inleidingen_US
dc.typeArticleen_US

Files

Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
WillemseInleiding2012.pdf
Size:
59.04 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Published version
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.55 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: