Die skepping van 'n plaaslike intellektuele gemeenskap vir die leer van skoolwiskunde
Loading...
Date
1996
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Western Cape
Abstract
Leer word ln dle konteks van hierdie tesis beskou as 'n proses om lidmaatskap aan 'n volgehoue geneenskap van praktisyns te bekom. In skole word volgehoue gemeenskappe van praktlsyns egter moeilik bespeur. Dit ls egter moontlik om leeromgewlngs te konstrueer wat as 'n intellektuele gemeenskap van praktisyns kan dien. Buite skool verband bestaan daar 'n breer wiskundige gemeenskap. Die praktyk in hierdie wiskundige gemeenskap is navorsing. Wiskundige-navorslng behels die "doen van" wiskunde. Dit is ln hierdie konteks dat leer in wiskunde plaasvind - deur dle "doen van" wiskunde. Dit is met hierdle faktore in gedagte dat ek 'n studle onderneem het om 'n plaasllke intellektuele gemeenskap van praktlsyns vir die leer van skoolwiskunde te simuleer. Sukses van die plaaslllre intellektuele gemeenskap van praktisyns hang af of "doen van" wiskunde geskied, aI dan nie. Hierdle studie behels dle analise van data van 'n episode uit hierdle onderneming. Die navorsing dul aan dat die moontlikheid wel bestaan dat leer onder die simulering van 'n wiskrindige gemeenskap kan plaasvind. Die analise van die versamelde data dul aan dat veel meer navorslng nodig is om die stelling te staaf aldan nie.
Description
Magister Educationis - MEd
Keywords
Skoolwtskuitde, Suid Afrikaanse skole, Intellektuele gemeenskap, Wiskundige gemeenskap, Wiskundige-navorsing