Die prosesbenadering tot skryf in die kurrikulum van die sekondêre skool: Rasionaal en invoer

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Universiteit van Wes-Kaapland

Abstract

erdie verhandeling bestaan uit twee hoofdele. In die eerste hoofdeel word die prosesbenadering tot skryfonderrig as demokratiseringsmetode onder die loep geneem. Daar word geargumenteer dat dié benadering 'n teenvoeter kan wees vir die teenswoordige meer gevestigde metode van skryfonderrig, waarin die onderwyser as die bron van kennis en die kind as die ontvanger daarvan beskou word. Hierna word die prosesbenadering van skryfonderrig gemeet aan Scutendijk (1989) se model van demokratiese onderwys. In dié verhandeling word bevind dat die benadering uitstekend beantwoord aan sentrale temas van demokratisering, soos sosiale geregtigheid, gelykheid op grond van geslag, kultuur, taal, ouderdom en etnisiteit, groepsamewerking, respektering van menseverskille, kritiese ontleding, leerlinginspraak in klasbesluite, ens. Die verhandeling wys dat die prosesbenadering daarin kan slaag om 'n nuwe klaskamer- en skoolkultuur daar te stel, wat uiteindelik kan lei tot die bemagtiging van leerlinge, onderwysers, en selfs die prinsipaal. As onderrigmetode is die benadering wesenlik gemeenskapsgefundeer. Benewens die demokratiserende aard van die prosesbenadering, lig die verhandeling verskeie voordele vir leerlinge sowel as onderwysers uit. Daar is die samewerking en selfwerksaamheid van die leerlinge, die groepsbesprekings, die kommunikatiewe betrokkenheid van die leerlinge en die skakeling en interaksie tussen leerlinge en die onderwyser. Daar ontstaans m.a.w. 'n positiewe verandering in die verhouding tussen onderwyser en leerlinge, onderwyser en kollegas, onderwyser en skooladministrasie. Voorts konsentreer die verhandeling op die inskakeling van die rekenaar in die prosesbenadering van skryfonderrig, en word verskeie voordele hiervan uitgelig. In die tweede hoofdeel van die verhandeling word die rol van die skoolhoof by die invoer van die prosesbenadering tot skryfonderrig in die sekondêre skool behandel. Daar word betoog dat die struikelblokke by invoer glad nie onoorbrugbaar is nie. Die skoolhoof sal noodwendig die eienskappe van vernuwingsagent moet toon, en die beginsels van demokrasie moet nastreef. As voorsitters in skole het skoolhoofde 'n belangrike rol te speel en sal dit in 'n groot mate van hulle leierskap en bestuurskwaliteite afhang of die invoer van die prosesbenadering tot skryfonderrig sal slaag.

Description

Citation