Trauma en identiteitsvorming in dis ek, anna van elbie lötter en so lyk ’n vrou van ilse verster deur ’n feministiese lens
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Western Cape
Abstract
Gendergebaseerde geweld is ’n duidelike krisis en nie net in die konteks van Suid-Afrika nie, maar ook in die res van die wêreld. Mag word uitgeoefen op vroue se liggame en dit word verder bevestig deur uitbeeldings van vroue as objekte in media. Media, insluitend literatuur, beeld dikwels vroue wat geweld onder die man ervaar, as stemloos uit. Hierdie stemloosheid maak dit moeilik vir vroue wat gendergeweld ervaar om slagofferskap te ontsnap en vry te wees van die manlike dader.