'n Ondersoek na die betekenis van die konsep "gemeenskap" en die implikasies daarvan vir "demokratiese opvoeding" in Suid-afrika
Loading...
Date
1991
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Western Cape
Abstract
In hierdie mini-tesis probeer ek om die aard van die verband tussen, "gemeenskap", "demokrasie" en "opvoeding" in Suid- Afrika te bepaal. Die motivering vir die keuse van hierdie onderwerp spruit uit die algemene gebruik van die term "gemeenskap" deur beide die regering sowel as die polities uitgeslotenes, en feitlik altyd in 'n gunstige sin. Sodanige gebruik maak die konsep problematies en is daar dus
die behoefte om dit meer deursigtig te maak ten einde groter helderheid omtrent die gebruik daarvan te verkry. Die belangrikheid van so 'n onderneming blyk veral wanneer die aard van die verband tussen gemeenskap, demokrasie en opvoeding bepaal word. In suid-Afrika met sy
gefragmenteerde bevolking, hoofsaaklik as gevolg van die Apartheidsbeleid van die suid-Afrikaanse regering, het die pOlities-uitgeslotenes die regering die stryd aanges� ten einde fn aandeel te verkry in politieke besluitneming. fn Deel van hierdie stryd speel in fn betekenisvolle mate af op die opvoedingsterrein.
Description
Magister Artium - MA
Keywords
Community, Democracy, Education, South Africa, Apartheid