Regsinstellings en die reg aan die Kaap van 1806 tot 1834

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of the Western Cape

Abstract

Die doel van hierdie verhandeling is om die regspleging en die reg aan die Kaap van 1806 tot 1834 te ondersoek. Daar is op die aanvangsdatum 1806 besluit nie aileen omdat dit 'n nuwe bedeling na die tweede Britse besitname van die Kaap ingelei het nie, maar ook omdat die regsgeskiedenis vanaf die begin van die volksplanting aan die Kaap tot 1806 reeds deeglik deur prof. G. G. Visagie nagevors is in sy baanbrekerswerk Regspleging en die reg aan die Kaap van 1652 tot 1806. Die huidlge verhandeling sluit af by die datum 1834 aangesien dit die datum is van die inwerkingtreding van die tweede Regsoktrooi. Tussen 1806 en 1834 het daar, wat die regswese aan die Kaap betref, spreekwoordelik gesproke oneindig baie water in die see gevloei.

Description

Citation