Horende moeders en vaders se benadering tot ouerskap van kinders met gehoorverlies
Loading...
Date
2020
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Abstract
Navorsing toon dat 90% van kinders met gehoorverlies vir horende ouers gebore word (Cole
& Flexer 2016; Lederberg, Schick & Spencer 2013). Hierdie ouers kan probleme ondervind
om ’n effektiewe benadering tot die grootmaak van kinders te ontwikkel, en hulle kan dit ’n
uitdaging vind om ’n kind met gehoorverlies met selfvertroue groot te maak (Calderon,
Bargones & Sidman 1998). Studies dui aan dat interaksie tussen gesinslede, familiehulpbronne
en ondersteuningsdienste alle areas van die gesinslewe beïnvloed wanneer daar ’n kind met
’n gehoorverlies in die familie is. Boonop ondervind horende ouers nie net uitdagings ten
opsigte van hul kind se gehoorverlies nie, maar is daar sprake van verdere uitdagings soos
stres, kommunikasie, maatskaplike ondersteuning en toegang tot inligting. Verder beïnvloed
gehoorverlies in kinders ouers se vertroue in hulle vermoë om ’n kind met gehoorverlies groot
te maak.
Description
Keywords
Hearing parents, Child with hearing loss, Parenting approaches, Parental self-efficacy, Parenting role
Citation
Davids, R. S. et al. (2020). Horende moeders en vaders se benadering tot ouerskap van kinders met gehoorverlies. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 60(3), 727–744. 10.17159/2224-7912/2020/v60n3a10