Magister Artium - MA (Afrikaans en Nederlands)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing by Subject "Afrofuturistiese"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item ’n Afrofuturistiese ontleding van kontemporêre Afrikaanse romans Stof (Alettie van den Heever, 2018), Kraak en Snak (Rouxnette Meiring, 2018)(Universty of the Western Cape, 2025) Coetzee, Jerome; Bonthuys, MarniHierdie navorsing sal Afrofuturisme in die Afrikaanse letterkunde ontleed met spesifieke fokus op die romans Stof (2018) deur Alettie van den Heever; asook Kraak en Snak (2018) deur Rouxnette Meiring. Terwyl ons in die breër Westerse konteks verskeie voorbeelde van Afrofuturisme vind, kan dieselfde nie oor die Suid-Afrikaanse konteks – spesifiek Afrikaanse letterkunde – gesê word nie. Die doel van hierdie navorsing is om vas te stel waar die Afrikaanse letterkunde ten opsigte van hierdie literêre benadering staan. Relevante en redelik resente tekste (naamlik Stof, Kraak en Snak) sal dus bespreek word. Ekokritiek, die kwessie van ruimte in literêre tekste sowel as die onderwerp van neologismes (met betrekking tot naamkunde en tegnologie) sal na verwys word. In hierdie navorsing sal Mark Dery se 1993-artikel gebruik word as ’n raamwerk vir die konsep van Afrofuturisme sowel as die werk van Ytasha Womack.