Research Articles (Afrikaans en Nederlands)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing by Author "Willemse, Hein"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Adam Small (75): inleiding(University of Pretoria, 2012) Willemse, Hein; van Wyk, StewardAdam Small het op 21 Desember 2011 sy vyf-en-sewentigste verjaardag gevier. Ter afwagting van hierdie geleentheid het die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) in samewerking met Tydskrif vir Letterkunde 'n simposium met die titel "Adam Small: sy lewe en werk" op Vrydag, 7 Oktober 2011 aangebied. In die loop van sy lewe as 'n skrywer en akademikus was Small aan beide die UWK en Tydskrif vir Letterkunde verbonde. Die universiteit is in 1960 te midde van groot politieke omstredenheid opgerig en Small was aanvanklik die enigste swart lektor. In 1973 bedank hy sy pos as senior lektor in Wysbegeerte in simpatie met studente-eise vir 'n aanneemliker onderrigbedeling op die UWK-kampus. In 1984 keer hy terug as professor en hoof van die Departement Maatskaplike Werk. Twaalf jaar later tree hy uit die diens. Sy verbondenheid aan Tydskrif vir Letterkunde in die vroe� 1960s was van korte duur. Saam met 'n aantal jonger Afrikaanse skrywers wat later as die Sestigers bekend sou staan, was hy deel van 'n nuwe redaksie wat 'n vars benadering in die oudste Afrikaanse liter�re tydskrif wou blaas. Persoonlikheidsgeskille met die ouer garde van Tydskrif het egter daarvoor gesorg dat die voorgenome samewerking slegs een uitgawe sou duur. Met hierdie historiese verbintenisse is dit gepas dat die Small-simposium op die kampus van die UWK plaasgevind het en dat die voordragte in Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer word.