Masters of Science - Msc (Physiotherapy)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing by Author "Bester, Maria M"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Persoonlikheids eienskappe en skoolprestasie as voorspellers van uitkoms in die kursus b.sc. in fisioterapie aan die Universiteit van Stellenbosch(University of the Western Cape, 1992) Bester, Maria M; Steyn, D. M; Versfeld, P. AKeuring van fisioterapie studente vind wereldwyd hoofsaaklik op grond van skolastiese prestasie plaas. Sommige opleidingsinstansies sluit biografiese veranderlikes en sommige persoonlikheidsveranderlikes wat deur middel van onderhoude indentifiseer word, in" Hierdie studie poog daarin om'n korrelasie te vind tussen skolastiese prestasie enpsigomotoriese veranderlikes aan die een kant en akademiese-, praktiese- en kliniese veranderlikes aan die ander kant. Vanuit die resultate van die studie word voorstelle gemaak vir die samestelling van 'n keuringsprosedure of battery vir fisioterapie studente. Die steekproef bestaan uit 'n groep van7l(x studente wat met die B.Sc. kursus in Fisioterapie begin het vanaf L979 tot 1985. Die resultate van die psigometriese toetse deur die studente in hul eerstejaar afgel6, word in die studie gebruik. Hierdie toetse word met die oog op beroepsvoorligting gedoen. Die studie slaag daarin om die tekortkominge iq beide die huidige metodes van keuring sowel as die psigometriese toetse in hierdie studie gebruik, te identifiseer. Skolastiese prestasie toon steeds die hoogste beduidende korrelasie tydens die prekliniese studiejare. Nie-kognitiewe veranderlikes skp egter van belang te wees by die voorspetling van kliniese prestasie. Verskeie belowende alternatiewe om as keuringskriteria of -prosedures te dien, word identifiseer en hoort in toekornstige ondersoeke in hierdie rigting'n rol te speel.