Magister Artium - MA (Afrikaans en Nederlands)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing by Author "Bonthuys, Marni"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
Item ’n Afrofuturistiese ontleding van kontemporêre Afrikaanse romans Stof (Alettie van den Heever, 2018), Kraak en Snak (Rouxnette Meiring, 2018)(Universty of the Western Cape, 2025) Coetzee, Jerome; Bonthuys, MarniHierdie navorsing sal Afrofuturisme in die Afrikaanse letterkunde ontleed met spesifieke fokus op die romans Stof (2018) deur Alettie van den Heever; asook Kraak en Snak (2018) deur Rouxnette Meiring. Terwyl ons in die breër Westerse konteks verskeie voorbeelde van Afrofuturisme vind, kan dieselfde nie oor die Suid-Afrikaanse konteks – spesifiek Afrikaanse letterkunde – gesê word nie. Die doel van hierdie navorsing is om vas te stel waar die Afrikaanse letterkunde ten opsigte van hierdie literêre benadering staan. Relevante en redelik resente tekste (naamlik Stof, Kraak en Snak) sal dus bespreek word. Ekokritiek, die kwessie van ruimte in literêre tekste sowel as die onderwerp van neologismes (met betrekking tot naamkunde en tegnologie) sal na verwys word. In hierdie navorsing sal Mark Dery se 1993-artikel gebruik word as ’n raamwerk vir die konsep van Afrofuturisme sowel as die werk van Ytasha Womack.Item n Interseksionele lees van Bettina Wyngaard se misdaadtrilogie (An intersectional reading of Bettina Wyngaard�s crime-fiction trilogy)(University of the Western Cape, 2021) Ess, Courtneigh; Bonthuys, MarniBettina Wyngaard se misdaadfiksie-trilogie, bestaande uit die romans Vuilspel (2013), Slaafs (2016) en Jagter (2019) het �n vernuwende uitwerking in die Afrikaanse literatuur gehad. Dit kan hoofsaaklik teruggevoer word na die skrywer se gebruik van �n (swart) lesbiese protagonis. Wyngaard is ook die eerste swart Afrikaanse vroue-outeur wat haar tot hierdie genre gewend het. Haar misdaadtrilogie toon �n sentrale bemoeienis met die vroulike subjek se ondergeskikte posisie as deurgaans onderdruk weens verskeie identiteitsaspekte (waaronder ras, gender, klas, seksualiteit, kultuur en nasionaliteit tel). Die simbiotiese verhouding tussen identiteit en mag is dus �n prominente tematiek in die trilogie. Hierdie bemiddeling tussen identiteit en mag toon raakpunte met die interseksionaliteitsteorie soos voorgestel deur Kimberl� Crenshaw (1989). Sy voer aan dat subjekte onderdruk word deur die tussenspel van identiteitsmerkers en sisteme van onderdrukking wat inherent is daaraan. In hierdie verhandeling word die representasie van die vroulike subjek in Wyngaard se misdaadtrilogie uit �n interseksionele invalshoek in o�nskou geneem. Vanwe� die gebruik van literatuur as subjek van analise in hierdie verhandeling, word swart feministiese denkskole oor die letterkunde ingereken as ontledingsinstrumente om Wyngaard se trilogie binne die ruim trajek van swart feministiese fiksie te posisioneer. Terselfdertyd word Wyngaard se subjektiwiteit as swart vroue-outeur krities bekyk omdat sy deur middel van haar tekste verantwoordelik is vir beeldskepping en voorstellings van vroulike subjekte. Aangesien Wyngaard se fiksie dikwels identiteitsaspekte ondervang wat verband hou met haar eie subjektiewe identiteit, sal die wyse bekyk word waarop selfdefini�ring en selfaktualisering in haar trilogie tot stand gebring word.Soos reeds genoem, het Wyngaard grense in die Afrikaanse letterkunde versit deur haar tot misdaadfiksie as genre te wend. As deel van popul�re fiksie, staan misdaadfiksie tradisioneel bekend as �n behoudende genre met �n resepmatige onderbou wat, s� beskou, nie gebruik word om progressiewe argumente in te voer nie. Hierdie aspek van die genre staan dus o�nskynlik in kontras met die feministiese aard van Wyngaard se misdaadfiksie-trilogie. In hierdie verhandeling word gevolglik ook die funksionaliteit van genre en die impak daarvan op die beeldskepping van die vroulike subjek bekyk. Maniere waarop Wyngaard gevestigde genrekonvensies oorskry in �n poging om feministiese benaderings te berde te bring, word in die besonder bestudeer.