Magister Artium - MA (Afrikaans en Nederlands)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing by Author "Bonthuys, M."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Swart feminisme in Afrikaanse en Nederlandse po�sie met betrekking tot die werke van Ronelda Kamfer en Simone Atangana Bekono: �n Vergelykende studie(University of the Western Cape, 2021) Kidelo, Tenita Zinsi; Bonthuys, M.Volgens die Suid-Afrikaanse grondwet het vroueregte na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 deel ontstaan. Di� vryhede wat die vrou ontvang het, was egter nie onproblematies nie � Suid-Afrikaanse vroue word steeds uitgelewer aan �n patriargale samelewing. Die posisie van die swart vrou is veral problematies � swart vroue word nie net gemarginaliseer gebaseer op geslag nie, maar ook steeds as gevolg van ras. Die posisie van swart vroueskrywers in die Afrikaanse letterkunde asook die Nederlandse letterkunde is dan ook �n aspek wat nog nie genoegsaam ondersoek word nie. Vir die doeleindes van hierdie studie word die werk van twee swart digters, een van Suid- Afrikaanse herkoms (Ronelda S. Kamfer) en een van Nederland (Simone Atangana Bekono), ondersoek. In 2008 word Ronelda S. Kamfer een van die eerste swart vroueskrywers wat �n volledige Afrikaanse digbundel by �n hoofstroomuitgewery publiseer. Ten spyte van bre� mediadekking van haar werk � wat met verskeie liter�re pryse bekroon is � is daar nog betreklik min akademiese studies oor Kamfer gedoen. Simone Atangana Bekono is redelik nuut in die po�siew�reld en geen akademiese studies is nog oor haar werk onderneem nie. Di� studie is dus daarop gemik om die akademiese gapinge te vul deur �n komparatiewe studie te doen met die aandag gefokus op die digters Ronelda Kamfer en Simone Atangana Bekono. Die swart feminisme word vernaamlik as teoretiese invalshoek gebruik gegewe die twee digters se agtergronde asook die tematiek van hul werk. Kamfer se oeuvre (Noudat slapende honde, grond/Santekraam, Hammie en Chinatown) en Bekono se debuutbundel, Hoe de eerste vonken zichtbaar waren, sal as hoofbronne in hierdie tesis dien. Tesame met die voorafgenoemde sal daar ook verskeie sekond�re bronne en artikels wat swart feminisme, postkolonialisme, die stem van die gemarginaliseerde en ook komparatisme in die letterkunde ondersoek, gebruik word.