'n Maatskaplikewerk-profiel van persoonsontbering in die Swartland met spesifieke verwysing na die groter Chatsworth-gebied

Loading...
Thumbnail Image

Date

2002

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Western Cape

Abstract

Hierdie skripsie wil die mens en sy ervarings, of dit wat hy binne 'n bepaalde gebied beleef, blootl�. Daarmee saam kom 'n duidelike teoretiese beskouing na vore om die persoon in sy gedepriveerde gemeenskap uit te beeld. Die karakter van die gebied weerspi�l die volgende kenmerke: Dit is landelik van aard, 'n beduidende afstand vanaf stedelike ontwikkeling gele�, en dit word as 'n "slaapdorp" ervaar. Histories word die gebied bykans 'n honderd jaar deur die inwoners en hul voorgeslagte bewoon, maar as gevolg van poli tieke rompslomp het ontwikkeling nooi t werklik plaasgevind nie. Die probleme wat in die gebied tydens navorsing aanwesig was, is die volgende: Onvoldoende infrastrutuur, watervoorsiening is gebrekkig, riolering kom nie voor nie, gesondheidsdienste word periodiek gelewer, en werksgeleenthede moet buite die gebied bekom word. Die haglike woonomstandighede het die inwoners se lewensverwagting geaffekteer en ongelukkigheid meegebring. Die doel van die navorsing is om 'n geheelbeeld te verkry van die gebied se probleme en behoeftes, hoe die inwoners daaroor voel en wat die mense dink gedoen kan word om, ten spyte van die heersende probleme, hul lewensomstandighede te verbeter. Dit wil s� die ondersoek poog om te bepaal wat die werklike lewensomstandighede van die mense in die Groter Chatsworthgebied (Chatsworth en Riverlands gekombineerd) is.

Description

Magister Artium - MA

Keywords

Persoon, Ontbering, Armoede, Gemeenskap, Landelikheid, Gemeenskapswerk

Citation