Die rol van die congregational kerk in die sosio-ekonomiese ontwikkeling van Pniel: 1915-1993

dc.contributor.advisorAdonis, JC
dc.contributor.authorNober, Patrick
dc.date.accessioned2021-09-13T10:40:54Z
dc.date.accessioned2024-04-02T07:03:41Z
dc.date.available2021-09-13T10:40:54Z
dc.date.available2024-04-02T07:03:41Z
dc.date.issued1998
dc.descriptionMagister Artium - MAen_US
dc.description.abstractPniel is 'n landelike nedersetting gele� te Groot Drakenstein en het In besonder interessante geskiedenis. In 1843 het ene Pieter Isaac de Villiers en Paul Retief grond beskikbaar gestel in Groot Drakenstein vir die oprigting van 'n skool en 'n plek van aanbidding vir kleurlinge. Die gebied het gegrens aan die plaas Papiere Molen wat in Desember 1843 op die mark gekom het. Di� plaas is aangekoop deur 'n groep persone wat in die transportakte beskryfword as die "Directors of the Pniel Institution". Aanvanklik is Pniel geplaas onder beskerming van die "Apostolic Union" wat besonder aktiefwas onder vrygestelde slawe. Die Apostoliese Unie was 'n religieuse organisasie met bre� godsdienstige beginsels wat dit in In posisie geplaas het om lidmate van protestantse kerke soos die N. G. Kerk, Metodistekerk en veral die Skotse Presbiteriaanse Kerk te akkommodeer. Die Apostoliese Unie het egter nie 'n bepaalde leer gehad nie. Pniel is bestuur deur 'n direktoraat bestaande uit drie plaaslike boere, twee lekepredikers woonagtig te Kaapstad, een predikant van die Apostoliese Unie en een predikant van die Presbiteriaanse Kerk. Pniel was dus in effek 'n sendingstasie wat ten doel gehad het om kleurlinge te voorsien van element�re onderwys en hulle "landboukundig" op te lei ten einde hulle "bruikbare en maklik beskikbare arbeiders" vir die omliggende plase te maak. Grondbesit in Pniel tydens di� periode is gekenmerk deur die okkupasieregstelsel wat onderskeid getref het tussen grond VIr residensi�le- en tuinboudoeleindes. Verder is Pniel tot 1909 bestuur (sekul�r en godsdienstig) deur 'n superintendent, mnr J Stegmann. Inwoners moes bydra tot die salaris van die superintendent en maandelikse huur betaal (drie pond totdat die bedrag van agtien pond klaar betaal was). Die ooreenkoms was dat, sou die bedrag van agtien pond finaal betaal wees, geen verdere maandelikse verpligtinge op die erfhouer sou rus nie. Dit was die oorspronklike verstandhouding, maar na 1856 het die betaling van een sjieling en tien pennies per maand 'n permanente voorwaarde geword. Erfhouers het egter in 1905 'n protesvergadering gehou waar besluit is dat hul voorvaders die bedrag van agtien pond klaar betaal het en dat geen verdere betaling sou geskied nie. Verder het die trustees van Pnielook regulasies ten opsigte van ordeen regering, kompensasie en die nie-nakoming van gestelde regulasies ontwerp. Die idee van die ontwikkeling van In Bestuursraad ("Management Board") is ook tydens die periode gepropageer en het later beslag gekry. Interessant van hierdie periode is die sterk beheer en sensuur deur die kerk van Pniel. Selfs uitsetting uit Pniel deur die Bestuursraad was moontlik indien sekere neergelegde voorwaardes nie nagekom is nie. Grondbesit het egter van vroeg af ontwikkel tot 'n konflikpunt tussen kerk en gemeenskap. Sommige inwoners het daarop gewys dat hulle aanspraak op die grond het omdat hulle dit klaar betaal het, terwyl die direkteure daarop gewys het dat die okkupeerders slegs huurreg gehad het. 'n Ander konflikpunt was die bestuur van die gebied. Op 'n stadium het die inwoners 'n vergadering bel� waar direkteure uit die gemeenskap verkies is. Daar is 'n beroep op die Hooggeregshof gedoen om ingevolge Wet Nr. 3 van 1873 die genomineerdes tot wettige direkteure (soos die lede van die "Management Board" genoem is) en trustees van Pniel te verklaar. In 1911 het 'n saak voor die geregshof gedien waarin oor grondbesit beslis moes word aangesien die kleurlinge daarop aangedring het dat die 18 pond vir die grond reeds betaal is. Die uitspraak van regter Hopley het bepaal dat die okkupeerders slegs huurreg het en dat die inwoners onder die Bestuursraad geressorteer het. Die hofaansoeke is ge�nisieer deur Stephanus de Wet en Garnaat Cyster, wat die meerderheid erthouers verteenwoordig het.en_US
dc.identifier.urihttps://hdl.handle.net/10566/10163
dc.language.isoenen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectSendingstasieen_US
dc.subjectDirekteureen_US
dc.subjectOkkupasieregstelselen_US
dc.subjectKerken_US
dc.subjectGrondbesiten_US
dc.subjectBestuursraaden_US
dc.subjectSkoolen_US
dc.subjectBegrafplaasen_US
dc.subjectTenniskluben_US
dc.subjectAftransporteringen_US
dc.titleDie rol van die congregational kerk in die sosio-ekonomiese ontwikkeling van Pniel: 1915-1993en_US

Files

Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Nober_m_arts_1998.pdf
Size:
76.49 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Thesis
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Plain Text
Description: