Die Implementering van die nasionale onderwysdepartement se dissiplinere beleid deur 'n plattelandse sekondere skool

dc.contributor.authorRobertson ,Denver
dc.date.accessioned2026-08-18T07:41:06Z
dc.date.available2026-08-18T07:41:06Z
dc.date.issued2005
dc.description.abstractDie Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 het die afskaffing van lyfstraf in publieke en private skole aangekondig. Die doel van hierdie studie is om te bepaal in watter mate 'n plattelandse sekondere skool daarin geslaag het om die voorgestelde altematiewe dissiplinere maatreels toe te pas. Die sosiaal-kritiese orientasie vorm die teoretiese raamwerk waarbinne die studie aangepak is. Hiervolgens word 'n groep individue as onderling afhanklik van mekaar beskou en sodoende vorm hulle 'n gesamentlike entiteit. Die gedrag van een komponent in die sosiale konstruksie het 'n invloed op die gedrag en houding van die ander komponente. Die navorsingsonderwerp is geskoei op 'n kwalitatiewe navorsingsbenadering. Gestruktureerde onderhoude is gevoer met die skoolbestuurspan en die opvoeders, terwyl die leerders die vraelyste voltooi het. Die studie toon dat die skoolbestuurspan dit moeilik vind om die dissiplinere riglyne wat deur Skolewet 84 van 1996 verkondig is te implementeer. Hieruit spruit 'n behoefte aan 'n effektiewe kommunikasiekanaal tussen die skoolbestuurspan, die opvoeders, die leerders en die ouers/voogde. Dit veroorsaak onkonsekwente optrede deur die skoolbestuurspan en die opvoeders. Dit plaas 'n demper op die verskillende komponente se samewerking en samehorigheidsgevoel. Die gebrek aan kommunikasie veroorsaak ook dat die dissiplinere beleid nie deurlopend geevalueer en hersien word nie. Om 'n effektiewe beleid te ontwerp en instand te hou, is indiensopleiding noodsaaklik, en die ontwikkeling van 'n teoretiese raamwerk waarvolgens transformasie in die skool bestuur kan word. Deur die sisteemdenke benadering word die skoolbestuurspan ondersteun om die ondersteuningsagentskappe, die opvoeders, die leerders en die ouers/voogde op 'n pro-aktiewe wyse te koordineer.
dc.identifier.urihttps://hdl.handle.net/10566/25198
dc.language.isoother
dc.publisherUniversity of the Western Cape
dc.subjectSuid-Afrikaanse Skolewet
dc.subjectlyfstraf
dc.subjectpublieke skole
dc.subjectprivate skole
dc.titleDie Implementering van die nasionale onderwysdepartement se dissiplinere beleid deur 'n plattelandse sekondere skool
dc.typeThesis

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
robertson_edu_m_2005.pdf
Size:
58.97 MB
Format:
Adobe Portable Document Format

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: