God en die lyding. 'n Kritiese ontleding van A. van de Beek se paradigma-teoriee oor die lydingsvraag.
dc.contributor.author | Koopman, Nico Norman | |
dc.date.accessioned | 2022-10-04T14:18:35Z | |
dc.date.accessioned | 2024-04-02T07:03:40Z | |
dc.date.available | 2022-10-04T14:18:35Z | |
dc.date.available | 2024-04-02T07:03:40Z | |
dc.date.issued | 1993 | |
dc.description | Magister Theologiae - MTh | en_US |
dc.description.abstract | Sedert my kinderjare het die nood en lyding van mens en dier en selfs die omgewing my aangegryp en ontstel. As gelowige kind en jongmens het ek altyd gewonder hoe ek die lyding, en veral die skynbaar onverklaarbare en onskuldige lyding moet hanteer. Soos ek opgegroei het, het ek as jongmens soms gehoor hoe mense in lydingsituasies met dringendheid en met verwysing na God gevra het waarom hulle soveel leed moes verduur. Op universiteit het ek gesien hoe die vraag op formele wyse hanteer word. In my eerste Kerkgeskiedenis-klas aan die Universiteit van Wes-Kaapland in 1983 is 'n inleidende les deur prof. Chris Botha (tans verbonde aan UNISA) aangebied oor die redes waarom 'n mens in die Teologie studeer. Wat my die meeste getref het, was die stelling dat 'n predikant wat iemand moet troos wie se kind gesterf het, dit nie moet waag om woorde soos die volgende te gebruik nie: wees tog maar getroos, die Here het 'n lieflike blommetjie kom pluk vir sy hemelse blomtuin. 'n Jaar later is ek in een van my eerste en sekerlik aangrypendste Dogmatiek-klasse by prof. Dirkie Smit (verbonde aan die UWK) blootgestel aan die worsteling van dogmatici met die vraag oor die verhouding tussen God en die lyding. Talle bekende teoloe meen dat hierdie vraag vir vele gelowiges 'n groter bedreiging is vir die geloof in God as die groei van die natuurwetenskap in die laaste paar eeue. Hoe kan geloof volgehou word in 'n almagtige en ewige God wat alles bestuur en beheer, terwyl daar soveel skrikwekkende boosheid en lyding bestaan? In die teologie staan hierdie vraag oor die verhouding tussen God en die bose bekend as die teodisee. Teodisee beteken letterlik die regverdiging van_ God. Hierdie vraag word egter nie net deur professionele teoloe en filosowe gestel nie. Dit is ook 'n oorheersende tema in die digkuns, dramas, novelle en ander vorme van menslike kreatiwiteit en naden.k:e. - Whitney verwys na die invloedryke twintigste eeuse Katolieke teoloog, Karl Rahner wat die probleem van die lyding beskou as "universal, universally oppressive, and (a problem which) touches our existence at its very roots" (Whitney 1989: 1-2). | en_US |
dc.identifier.uri | https://hdl.handle.net/10566/10156 | |
dc.language.iso | af | en_US |
dc.publisher | University of the Western Cape | en_US |
dc.rights.holder | University of the Western Cape | en_US |
dc.subject | Kerkgeskiedenis-klas | en_US |
dc.subject | Universiteit van Wes-Kaapland | en_US |
dc.subject | Geloof in God | en_US |
dc.title | God en die lyding. 'n Kritiese ontleding van A. van de Beek se paradigma-teoriee oor die lydingsvraag. | en_US |