Oral cancer (I.C.O 140-146) in South Africa with special reference to its occurrence among the Cape coloured and Indian people of the Cape Peninsula

Loading...
Thumbnail Image

Date

1980

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of the Western Cape

Abstract

Aangesien 'n nasionale register vir maligniteit nie bestaan waarin informasie ten opsigte van kanker onder die verskillende bevolkings groepe van Suid-Afrika nagegaan kan word nie, kan die verspreidings patroon alleenlik bepaal word deur spesifieke projekte. Die resultaat is dat daar nog nie 'n geheelbeeld vir kanker in Suid-Afrika bestaan nie. Wat mondkanker betref, is kennis fragmentaries. Inligting oor die ver spreiding daarvan onder die Kaapse Kleurlingbevolkingsgroep is beperk en net sekere aspekte daarvan is tot hede uitgelig. Die doel van hierdie studie is om mondkanker na te gaan in die Kaapse Kleurlingbevolkingsgroep wat woonagtig is in die Skiereiland van die Kaap die Goeie Hoop. Met hierdie oogmerk, is alle mondkankergevalle wat in die Groote Schuur- en Tygerberg-hospitale behandel is, van 1970 tot 1975, nagegaan. Bewys wyse van vergelyking en ook om die invloed van eie kultuur en akkulturasie na te gaan, is aandag gegee aan ondkankergevalle van Kleurlinge woonagtig in die Skiereiland en dié in die platteland wat in die Skiereiland behandeling ondergaan het. Verder is vergelykings ook getref tussen die,Kaapse Maleier wat die Moslem-geloof aanhang en die Kaapse Kleurling wat nie hierdie geloof aanhang nie. Die mondkankerpatroon van die Indiërs wat in die Skiereiland woonagtig is, is ook nagegaan. Bewys wyse van vergelyking en ook om die invloed van eie kultuur en akkulturasie na te gaan, is aandag gegee aan mondkankergevalle van Kleurlinge woonagtig in die Skiereiland en dié in die platteland wat in die Skiereiland behandeling ondergaan het. Verder is vergelykings ook getref tussen die,Kaapse Maleier wat die Moslem-geloof aanhang en die Kaapse Kleurling wat nie hierdie geloof aanhang nie. Die mondkankerpatroon van die Indiërs wat in die Skiereiland woonagtig is, is ook nagegaan. Ten slotte is die genoemde groepe se mondkankerpatroon vergelyk met dié gevind onder die ander groepe wat in Suid-Afrika bestudeer is, dié in die res van Afrika en ook met dié in die ander kontinente.

Description

Magister Scientiae Dentium - MSc(Dent)

Keywords

Epidemiology, Cape Peninsula, Cape Metropolitan Planning Committee (CMPC), Medical Officer of Health, City of Cape Town, Cape Coloureds, Malay, Indians

Citation