Geografiese aspekte van rekreasie en vryetydsbesteding in Bellville-Suid

Loading...
Thumbnail Image

Date

1987

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of the Western Cape

Abstract

Die wyse waarop mense hul VRYETYD [dit is tyd wat oorbly nadat alle verpligtinge (sosiaal en fisiologies) nagekom is) bestee, vorm die sentrale tema van hierdie studie. On Belangrike aspek van hierdie tema vir die geograaf is die wisselwerking wat daar bestaan tussen die aanbod en aanvraag na rekreasiefasiliteite, omdat dit meerendeels die ruimtelike plasing van fasiliteite (in stedelike gebiede) bepaal. In die Suid-Afrikaanse samelewing het daar sekere faktore ontwikkel wat die normale wisselwerking ten opsigte van rekreasie be�nvloed het, en gevolglik as probleme geidentifiseer kan word. I~ hierdie studie word die probleme wat daar bestaan ten opsigte van rekreasie en vryetydsbesteding ondersoek met spesifieke verwysing na die inwoners van Bellville-Suid, On "Bruin" Groepsgebied op die Kaapse Vlakte. Data vir die studie is met behulp van gestruktureerde ontleed met die vraelyste ingesamel en daarna statisties oog op beantwoording van die volgende vrae: Wat is die aard en omvang van vryetydsbesteding gedurende die dag, oor naweke en vakansies van die inwoners van Bellville-Suid? Hoe beinvloed die politiek-ekonomiese strukture die aanbod van fasiliteite (die rekreasiemilieu) in Bellville-Suid? Wat is die invloed van die politiek-ekonomiese strukture op die aanvraag na fasiliteite (die rekreasiegedrag) van die inwoners van Bellville-Suid? Die data wat met behulp van die vraelyste ingesamel is, is verder aangevul deur persoonlike onderhoude. Ten einde bestaande vrae te beantwoord, is daar eerstens gekyk na die rekreasiehulpbronbasis in Bellville-Suid. Die aanbod ter plaatse is gemeet aan nasionale en internasionale standaarde wat gebaseer is op gegewens uit die relevante literatuur.

Description

Magister Artium - MA

Keywords

VRYETYD, Fisiologies, Sosiaal, Bellville- Suid, Kaapse Vlakte, Politiek-ekonomiese

Citation