'n In vitro en in vivo studie van mikrolekkasies by tande wat met verskillende amalgaambindingsisteme herstel is.

dc.contributor.advisorGrobler, SR
dc.contributor.authorOberholzer, Theunis G
dc.date.accessioned2022-04-25T09:46:14Z
dc.date.accessioned2024-04-16T13:23:19Z
dc.date.available2022-04-25T09:46:14Z
dc.date.available2024-04-16T13:23:19Z
dc.date.issued1997
dc.descriptionMagister Scientiae Dentium - MSc(Dent)en_US
dc.description.abstractDie doel van hierdie in vitro studie was om mikrolekkasies te bepaal en te vergelyk in klas V kawiteite wat met verskillende amalgaambindingsisteme behandel is. Klas V kawiteitsvoorbereidings is vir elk van die drie sisteme in 16 kariesvrye menslike premolare voorberei sodat die okklusale rande in glasuur en die gingivale rande in dentien geëindig het. 'n Hoë koper sferiese amalgaam (Lojic) is onderskeidelik, volgens die vervaardigers se voorskrifte, met Amalgambond-Plus, Fuji-Plus en Optibond-Solo as bindmiddels in die kawiteite geplaas. Die tande is blootgestel aan 500 termiese siklusse tussen 5°C en 55°C in 'n basiese fuchsien oplossing as kleurstof, waarna hulle in hars ingebed, gesny en onder 'n stereomikroskoop by 100 x vergroting vir mikrolekkasie geëvalueer is. Diepte van kleurstofpenetrasie tussen die tandstruktuur en die vulsel is deur twee gekalibreerde operateurs vir elke groep bepaal. Statistiese analise van die data, deur middel van 'n Kruskal-Wallis analise (p < 0,05), het getoon dat Amalgambond-Plus betekenisvol meer mikrolekkasie toon as beide Optibond-Solo en Fuji-Plus. Optibond-Solo en Fuji-Plus het nie betekenisvol van mekaar verskil nie. Geen bindmiddel kon mikrolekkasie volledig elimineer nie. Die doel van die in vivo gedeelte van die studie was om mikrolekkasies te bepaal en te vergelyk in klas V kawiteite by vitale en non-vitale tande van 'n primaat wat met die Optibond-Solo amalgaambindingsisteem behandel was. Endodonsie was gedoen op sewe tande in die tweede kwadrant van 'n volwasse bobbejaan (papio Ursinus ursinus), ten einde non-vitale tande te bekom waarin die pulpale druk geëlimineer is. As vitale kontroles is dieselfde tande in die teenoorstaande kwadrant gebruik. Twaalf bukkale klas V kawiteite is in vitale-, sowel as non-vitale tande voorberei. 'n Hoë koper sferiese amalgaam (Lojic) is met Optibond-Solo as bindingsagens volgens die vervaardigers se voorskrifte in alle kawiteite geplaas. Na 90 dae is die tande geoës, vir 24 uur by 37°C in 'n basiese fuchsien oplossing geplaas, in hars ingebed, gesny en vir mikrolekkasie ondersoek onder 'n optiese mikroskoop by 100 x vergroting. Die gemiddelde lesings is vir elke groep verkry en met mekaar vergelyk. Die vitale groep het betekenisvol meer mikrolekkasie getoon as die non-vitale groep waar pulpale druk uitgeskakel was. Skandeer elektron mikroskopie (SEM) Ten einde die morfologie van die binding te illustreer, is een tand uit elke groep vir 48 uur in 10% HCI gedemineraliseer, waarna hulle vir 'n verdere 48 uur in 3% NaOCI gedeproteïniseer is. 'n Tweede groep IS vertikaal deur die kawiteite gefraktuur. Die voorbereide monsters is deur middel van 'n skandeer elektron mikroskoop (lO KV) by verskillende vergrotings ondersoek. Die vorming van 'n goed ontwikkelde hibriedlaag, met inkorporering van die bindingshars in die amalgaam, kon waargeneem word.en_US
dc.identifier.urihttps://hdl.handle.net/10566/11007
dc.language.isoenen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectIn vitroen_US
dc.subjectMikrolekkasiesen_US
dc.subjectAmalgambond-Plusen_US
dc.subjectOptibond-Soloen_US
dc.subjectSkandeer elektron mikroskopie (SEM)en_US
dc.subjectEndodonsieen_US
dc.title'n In vitro en in vivo studie van mikrolekkasies by tande wat met verskillende amalgaambindingsisteme herstel is.en_US

Files

Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Nokaneng_M_DENT_2009.pdf
Size:
22.38 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Thesis
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Plain Text
Description: