'n Gevallestudie van hoe twee beheerliggame deur die desentralisasieproses van die nuwe Suid-Afrikaanse Skolewet Nr. 84 van 1996 beinvloed word.

dc.contributor.authorArendse, Stephen James
dc.contributor.authorKalaway
dc.date.accessioned2026-09-28T11:01:25Z
dc.date.available2026-09-28T11:01:25Z
dc.date.issued2008
dc.description.abstractDie onderwys word gedurig gekonfronteer met veranderinge. Desentraliseerde onderwys of selfbestuur van skole is 'n belangrike intemasionale ontwikkeling. 'n Afwenteling van gesag vind vanaf 'n hoer onderwys beheerliggaam na plaaslike bestuur of skoolvlak plaas. Die studie stel vera I ondersoek in hoe beheerliggame deur die nuwe Suid-Afrikaanse Skolewet Nr. 84 van 1996 beinvloed word en die rol van ouer betrokkenheid. Aile betrokkenisse moes 'n demokratiese aktiewe rol speel by die besluitnemings proses in skole. Die doel van gedesentraliseerde opvoedkundige bestuur is om ouer betrokkenheid in die besluitneming in skole te bevorder. Die fokus van die studie was om ondersoek in te stel na probleme en die funksionering wat beheerliggame ervaar. Die studie het bevind dat die aard van die funksies en skoolbeheer word hoofsaaklik bepaal deur die Suid-Afrikaanse Skolewet Nr. 84 van 1996. Die navorsing is gedoen van twee skole wat in verskillende sosio-ekonomiese omstandighede fungeer. Daar was onderhoude gevoer met die lede op die twee beheerliggame. Die teenwoordigheid van ouers in skool vergaderings van middel sosio- ekonomiese skole is byna honderd persent. Die teenwoordigheid van ouers in skool vergaderings van laer sosio - ekonomiese agtergronde was baie swak. Die studie bevind ook dat ouers van middel sosioekonomiese agtergronde dee I neem in aile besluite of beleide wat by die skool geformuleer word, wat in lyn moet wees met WKOD se beleidsdokumente. Ouers in lae sosio-ekonomiese omgewing was baie passief as dit by besluite kom wat die skool raak. Die studie het bevind dat aile ouers nog nie volmag het om aile besluite rakende die skool te kan deur voer nie.Sekere besluite word nog steeds deur die Departement van Onderwys gemaak, ongeag wat die Suid-Afrikaanse Skolewet Nr. 84: 1996 se riglyne voorskryf. Sommige ouers weet nog steeds nie wat hulle pligte is ten opsigte van skoolbestuur nie. Skoolbeheerliggame in sekere skole is meestal betrokke by fondsinsameling en handhawing van dissipline. Ouers speel nie oor die algemeen 'n aktiewe rol by die samestelling van die kurrikulum en aspekte van skool bestuur nie. Tydens die instelling van die nuwe beheerliggame was beheerliggame alreeds gekonfontreer met swak infrastrukture, 'n tekort aan hulpbronne, opleiding ontbreek, swak kommunikasie en swak bestuur van beheerliggame deur sekere ouers.
dc.identifier.urihttps://hdl.handle.net/10566/25497
dc.language.isoen
dc.publisherUniversity of the Western Cape
dc.subjectAfrican National Congress
dc.subjectDepartment of Education & Training
dc.subjectDepartement van Onderwys en Opleiding
dc.subjectEducation Renewal Strategy Growth
dc.subjectEmpowerment and Redistribution
dc.title'n Gevallestudie van hoe twee beheerliggame deur die desentralisasieproses van die nuwe Suid-Afrikaanse Skolewet Nr. 84 van 1996 beinvloed word.
dc.typeThesis

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
arendse_m_edu_2008.pdf
Size:
61.86 MB
Format:
Adobe Portable Document Format

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.63 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: