Professionele aanspreeklikheid en onderwyserstakings
dc.contributor.advisor | Small, Rosalie | |
dc.contributor.author | Horne, Henry Peter | |
dc.date.accessioned | 2023-02-23T08:35:51Z | |
dc.date.accessioned | 2024-05-28T11:09:01Z | |
dc.date.available | 2023-02-23T08:35:51Z | |
dc.date.available | 2024-05-28T11:09:01Z | |
dc.date.issued | 1996 | |
dc.description | Magister Philosophiae - MPhil | en_US |
dc.description.abstract | In hierdie mini-tesis probeer ek bepaal of onderwyserstakings in die Suid-Afrikaanse konteks moreel regverdigbaar is. In hoofstuk I stel ek kortliks ondersoek in na die historiese verloop van stakings in Suid- Afrika en in Brinanje. Aangesien onderwyserstakings 'n relatief onbekende fenomeen in Suid-Afrika is, ondersoek ek die periode vanaf 1990 tot die hede. Alhoewel die eerste onderwyserstaking reeds in 1896 in Brittanje plaasgevind het, verwys ek slegs na enkele van die onderwyserstakings wat in Brinanje plaasgevind het. Omdat die onderwyser in Suid- Afrika voor I Oktober 1993 nie kollektiewe bedingingsmag gehad het nie, probeer ek ook in hierdie hoofstuk helderheid kry oor die wettigheid van onderwyserstakings in Suid-Afrika. In hoofstuk 2 probeer ek ondersoek in stel na die konsep onderwysprofessie. Deur sterk te leun op die benadering van J. Kovesi en met verwysing na die wyse waarop hy die oorsprong en betekenis van konsepte probeer interpreteer, argumenteer ek dat professies en ook die onderwysprofessie 'n morele grondslag het. Die morele grondslag van die onderwysorofessie hou verband met die Onderwyser se professionele aanspreeklikheid en behoort dus die optrede van die onderw),ser te bepaal. Daar heers huidiglik in onderwysgeledere 'n debat ten opsigte van die status van die onderwyser. Na aanleiding van hierdie debat poog ek om in hoofstuk 3 te onderskei tussen dieonderwysweras@enander(nie-professione1e)werkers.Ek In hoofstuk 4 argumenteer ek dat die onderwyser as professionele wel die reg behoort te wees om as laaste uitweg te protesteer of te staak, indien toestande in die onderwys van 'n immorele aard is. Ek argumenteer egter dat die onderwyser in die huidige konteks in Suid- Afrika, moontlik die herstel van 'n kultuur van leer en onderrig as prioriteit behoon te sien en hulle daarom hoort te weerhou van stakingsaksies. Ek kom tot die slotsom dat onderwyser-stakings in die huidge Suid-Afrikaanse konteks nie moreel regverdigbaar is nie. argumenteer in hierdie hoofstuk dat die onderwyser as professionele werker se benadering tot protesaksies en stakings anders behoort te wees as die van ander werkers. | en_US |
dc.identifier.uri | https://hdl.handle.net/10566/15738 | |
dc.language.iso | af | en_US |
dc.publisher | University of the Western Cape | en_US |
dc.rights.holder | University of the Western Cape | en_US |
dc.subject | Onderwyserstakings | en_US |
dc.subject | Suid-Afrika | en_US |
dc.subject | Konsep stakines | en_US |
dc.title | Professionele aanspreeklikheid en onderwyserstakings | en_US |