'n Maatskaplikewerk-profiel van persoonsontbering in die Swartland met spesifieke verwysing na die groter Chatsworth-gebied
Loading...
Date
2002
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Western Cape
Abstract
Hierdie skripsie wil die mens en sy ervarings, of dit wat hy binne 'n bepaalde gebied beleef, blootlê. Daarmee saam kom 'n duidelike teoretiese beskouing na vore om die persoon in sy gedepriveerde gemeenskap uit te beeld. Die karakter van die gebied weerspiël die volgende kenmerke: Dit is landelik van aard, 'n beduidende afstand vanaf stedelike ontwikkeling geleë, en dit word as 'n "slaapdorp"
ervaar. Histories word die gebied bykans 'n honderd jaar deur die inwoners en hul voorgeslagte bewoon, maar as gevolg van poli tieke rompslomp het ontwikkeling nooi t werklik plaasgevind nie. Die probleme wat in die gebied tydens navorsing aanwesig was, is die volgende: Onvoldoende infrastrutuur, watervoorsiening is gebrekkig, riolering kom nie voor nie, gesondheidsdienste word periodiek gelewer, en werksgeleenthede moet buite die gebied bekom word. Die haglike woonomstandighede het die inwoners se lewensverwagting
geaffekteer en ongelukkigheid meegebring. Die doel van die navorsing is om 'n geheelbeeld te verkry van die gebied se probleme en behoeftes, hoe die inwoners daaroor voel en wat die mense dink gedoen kan word om, ten spyte van die heersende probleme, hul lewensomstandighede te verbeter. Dit wil sê die ondersoek poog om te bepaal wat die werklike lewensomstandighede van die mense in die Groter Chatsworthgebied (Chatsworth en Riverlands gekombineerd) is.
Description
Magister Artium - MA
Keywords
Persoon, Ontbering, Armoede, Gemeenskap, Landelikheid, Gemeenskapswerk