'n Psigo-Sosiale Studie van Tienerswangerskappe in die Noordelike Stadsgebiede van die Kaapse Skiereiland
Loading...
Date
1990
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Western Cape
Abstract
Die verskynsel van tienerswangerskap kom in alle samelewingsvorme voor en toon 'n steeds stygende toename in alle w�relddele sodat dit deur sommige outeurs as epidemies beskou word (Chelala, 1988: 22). Dit vorm deel van die toename in bevolkingsgetalle en die sogenaamde bevolkingsontploffing. Gevolglik word die demografiese tendense be�nvloed en so vorm tienergeboortes 'n belangrike bydrae tot bevol_kingsgroei Die studie van tienerswangerskappe kan egter nie in isolasie benader word nie. Dit vorm deel van 'n kringloop van verwante samelewingsverskynsels wat oorsaaklik of gevolglik mag wees, byvoorbeeld bevolkingstoename en ander demografiese tendense, armoede, swak behuisingstoestande, drankmisbruik en dwelmverslawing, gebrekkige voeding en onderwys, om maar net 'n paar te noem. In hierdie studie sal daar gepoog word om aan te dui dat tienerswangerskap in verband gebring moet word met die interaksie van 'n verskeidenheid van dinamies interafhanklike psigo-sosiale verskynsels. Verder sal daar ondersoek ingestel word om te bepaal watter psigo-sosiale faktore spesifiek by die voorkoms van tienerswangerskap betrokke is.
Description
Philosophiae Doctor - PhD
Keywords
Drankmisbruik, Armoede, Psigo-sosiale, Tygerberg-Hospitaal, Tienerswangerskap, Kontraseptiewe