Browsing by Author "Hohls, Orlando Eibert"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
Item 'N doelwitbestuursmodel vir werkverrigtingbevordering op plaaslike owerheidsvlak(Universiteit van Wes-Kaapland, 1990) Hohls, Orlando Eibert; Schwella, E.Plaaslike owerheidsaangeleenthede in Suid-Afrika het in die algemeen deurlopend heelwat aandag vanaf owerheidsweë geniet (cf. die talle verslae en bevindings van komitees van ondersoek na aangeleenthede rakende plaaslike bestuur sedert Uniewording in 1910). Hierdie proses is sedertdien voortgesit, maar vanaf 1994 het dit verdere momentum verkry met die nuwe grondwetlike bedeling wat tot stand gebring is. 'n Verskeidenheid van wetgewing het gevolg wat spesifiek op plaaslike owerhede van toepassing is. Die belangrikste hiervan is die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996; die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993; Oorgangswet op Plaaslike Regering Tweede Wysigingswet, 1996; Wet op Ontwikkelingsfinansiering, 1995; Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998; Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000; asook' die belangrike Witskrif op Plaaslike Regering van 1998. Hierdie verwikkelinge vestiq weer eens die aandag op die belangrikheid van instellings op die derde owerheidsvlak. Soos aanvanklik die geval was, is die oogmerk tans ook om onder andere werkverrigting en dienslewering te bevorder en effektiewe en doeltreffende aanwending van skaars hulpbronne te verseker. Hierdie aangeleentheid het veral momentum verkry met die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP), wat in 'n groot mate op plaaslike oweheidsvlak afgestem is.Item ‘n Doelwitbestuursmodel vir werkverrigtingbevordering op plaaslike owerheidsvlak(University of Western Cape, 2000) Hohls, Orlando Eibert; Schwella, E.Plaaslike owerheidsaangeleenthede in Suid-Afrika het in die algemeen deurlopend heelwat aandag vanaf owerheidsweë geniet (cf. die talle verslae en bevindings van komitees van ondersoek na aangeleenthede rakende plaaslike bestuur sedert Uniewording in 1910). Hierdie proses is sedertdien voortgesit, maar vanaf 1994 het dit verdere momentum verkry met die nuwe grondwetlike bedeling wat tot stand gebring is. 'n Verskeidenheid van wetgewing het gevolg wat spesifiek op plaaslike owerhede van toepassing is. Die belangrikste hiervan is die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996; die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993; Oorgangswet op Plaaslike Regering Tweede Wysigingswet, 1996; Wet op Ontwikkelingsfinansiering, 1995; Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998; Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000; asook' die belangrike Witskrif op Plaaslike Regering van 1998. Hierdie verwikkelinge vestiq weer eens die aandag op die belangrikheid van instellings op die derde owerheidsvlak. Soos aanvanklik die geval was, is die oogmerk tans ook om onder andere werkverrigting en dienslewering te bevorder en effektiewe en doeltreffende aanwending van skaars hulpbronne te verseker. Hierdie aangeleentheid het veral momentum verkry met die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP), wat in 'n groot mate op plaaslike oweheidsvlak afgestem is. Met die nuwe beleid van die sentrale regering om die huidige aantal plaaslike owerhede deur samesmelting ingrypend te verminder, maar hulle terselfdertyd te verplig om steeds voort te gaan met bestaande basiese dienslewering en om bykomend ook infrastruktuur vir voorheen benadeelde gemeenskappe te skep en in stand te hou sonder noemenswaardige verhoogde finansiële bystand vanaf sentrale owerheidsvlak, is plaaslike owerhede al hoe meer aangewese op eie hulpbronne. Plaaslike owerhede .gaan reeds gebuk onder ingrypende finansiële en personeeltekorte wat op sigself meebring dat diens van hoë gehalte nie te alle tye gelewer kan word nie (verwys in dié geval. na Sake Rapport, 16 Junie 2002: 18). Gepaard hiermee word plaaslike owerhede onder druk geplaas om aan die verwagtinge, behoeftes en aspirasies van die plaaslike samelewing te voldoen. Dit bring volgens Fourie (1998: 221) mee dat "ten einde 'n diens van uitnemendheid te lewer, is dit van belang dat die publiek se behoeftes begryp word, nastrewenswaardige doelwitte gestel word en dat die doelwitte aan die publiek gekommunikeer word". Daar is egter terselfdertyd ook 'n 2 verpligting op plaaslike owerhede om onrealistiese verwagtinge van die publiek te temper in die lig van wat werklik bekostigbaar is. Gevolglik word plaaslike owerhede verplig om weer eens hulomstandighede in oenskou te neem ten einde daadwerklik effektiewe en doeltreffende aanwending van skaars hulpbronne te verseker.' Resultate salook op 'n gereelde grondslag gemoniteer moet word ten einde vas te stelof doelwitte bereik is al dan nie (Fourie, 1998: 221). Hiervoor sal kundigheid op plaaslike owerheidsvlak ontwikkel moet word ten einde die bevordering van die algemene welsyn van plaaslike gemeenskappe te verseker. Persone met die nodige kwalifikasies en vaardighede sal dus in sleutelposte aangestel moet word.