Browsing by Author "Adam, Mohamed Essa"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Spesifieke leergestremdheid by laerskoolkinders: 'n empiriese ondersoek na die voorkomssyfer en persoonlikheidseienskappe van spesifieke leerge= stremde senior prim�re skoolkinders(University of the Western Cape, 1989) Adam, Mohamed Essa; Broekmann, N CSedert die sestigerjare het daar h betekenisvolle opswaai in belangstelling "The problem is 2 damnably elusive one"; Cruickshank (1981) beweer verder gekom in die kinders wat nieteenstaande die feit dat hulle h normale in= telligensie en geen ernstige sensoriese en fisieke probleme het nie, nie aan die eise van die normale skool kan voldoen nie - die sogenaamde spesifieke leergestremde kinders (Adamson, 1979; Gearheart 1980 en 1981; Kirk & Gallagher, 1983; Meyer, 1981; Murray-verslag, 1969; Sabatino, Miller &. Schmidt, 1981; Stander 1977 en 1981). Voor 1963 is hierdie "backrow child" (Farnham-Diggory, 1978) beskou as 'lui' en 'agtelosig', aangesien die onderwyserl)voel dat die kind nie sy2)beste lewer nie. Reid en Hresko (1981) meen dat spesifieke leergestremdheid (SLG) een van die etikette is wat die swakste begryp word en hoewel die studieveld volgens hulle 'ryk en interessant' (p.l) is, bestaan daar heelwat verwarring daaroor. Cruickshank (1981) is van mening dat stellings omtrent die studieveld deur= trek is VRn ~anopvattings. In dieselfde lig s� 8ryant (1982:271) dat daar van tyd tot tyd verskille is in die woordeskat wat gebruik word, maar indien daar h noukeurige analise gemaak word van die betekenis van die woorde, die nderliggende konsepte in h groot mate dieselfde is. Ander ondersoekers (Douglas, Fuller & Davis, 1984) het h negatiewer inslag en meen weer dat SLG nie as h unieke psigologiese entiteit bestaan nie en dat dit eintlik h onding is om die etiket van SLG om die kind se nek te hang, terwylons nie presies weet wat SLG werklik is nie. Hierdie terminologiese verwarring wat deur sommige 'kenners' geskep word, moet egter nie as h verskoning gebruik word om die begrip spesifieke leergestremdheid sodanig af te kraak dat die verskynsel se bestaansreg bevraagteken word nie. Inteendeel dit behoort die teelaarde te wees vir aandag geniet van persone uit verskillende dissiplines, soos onder andere onderwysers, opvoedkundiges, sielkundiges, psigiaters, spraakterapeute en pediaters, is dit voor die handliggend dat die werklike omskrywing en gepaardgaande identifisering en hantering van SLG in h groot mate afhang van die persoon se bepaalde ori�ntasie ten opsigte van SLG (Bryant, 1982; Goff, 1979). In die onderhawige ondersoek word kinders beskou as SLG indien hulle nieteenstaande normale verstandelike vermo�ns, sonder fisieke gebreke, probleme ervaar met spesifieke leervaardighede.