Nama feesboek 2025
Loading...
Date
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
Internasionale Nama Kultuurfees
Die Namas is die Eerste Mense van Suid-Afrika, die enkele grootste oorblywende groep van die oorspronklike Khoi-Khoin wat die strande, velde, woude, vlaktes en berge van hierdie landstreek bewandel het. Al die ander aanspraakmakers tot hierdie unieke titel het reeds in die vergetelheid in verdwyn.
Dit is die taak van die Namas om te voorkom dat dit met hulle ook gebeur. Die kultuur van Suid-Afrika word vir jare al gedomineer deur Europese, Engelse en Amerikaanse invioede. Hierdie dominansie het gelei tot die ontwikkeling van 'n unieke Suid-Afrikaanse kultuur met sy eie voorkeure vir kos, kleredrag, sport, musiek en selfs godsdiens. Ons behoort onsself te verheug in die positiewe elemente daarvan, maar terselfdertyd waak teen die vernietiging van dit wat elke minderheidsgroep uniek maak.
Elke volk en nasie se taal en kultuurgebruike het 'n bydrae gemaak tot die opbou en groei van die land wat aan ons almal saam behoort. Elkeen van ons se bydrae moet erken en gekoester word, sonder voorkeur of afkeer.
Die Namas se probleem is dat hulle die kleinste van die minderhede is, ten spyte daarvan dat hulle die oorspronklike grondbesitters was. Weens verskeie redes is hulle van hulle oorspronklike grond en erfenis vervreem. Daarmee saam het hulle ook hulle eie unieke kultuur prysgegee.
Dit is futiel om te dink en te probeer redeneer dat 'n towerstaffie geswaai moet word om die Namas tot hulle oorspronklike eer te herstel. Dit sal slegs geskied deur middel van harde werk en toewyding. Ek het my klein deeltjie gedoen deur die publikasie van die boek, Eeue van Onreg wat die geskiedenis en kultuur van die Namas boekstaaf. Dit is my geskenk aan die Namas. Die volle
opbrengs van die boek gaan aan julle.
Ek doen 'n beroep op die Namas om saam te werk, om hard te werk aan die bewaring en uitbou van hulle taal, kultuur en geskiedenis, tot voordeel van almal.
Ek wens die Namas van Suid-Afrika alles van die beste vir hierdie fees en vir die toekoms.