Smith, JulianaHendricks, Colin2026-08-132026-08-132001N/Ahttps://hdl.handle.net/10566/25153Die huidige debatvoering aangaande die twee onderrigpraktyke (klasonderrig en vak/spesialis-onderrig) op prirnere skool is een wat sterk argumente stimuleer, beide vir of teen 'n spesifieke onderrigpraktyk. Inteendeel, dit hoef nie beide te wees nie, maar faktore so os die oneweredige verspreiding van hulpbronne, oorvol klaskamers en flnansiele probleme bepaal dikwels wat moontlik is of wat nie moontlik is nie, veral in vorige benadeelde skole. Die situasie waarin die skole hulle tans bevind, veroorsaak dat verskillende benaderings t.o.v. onderrig en leer toegepas word en gevolglik word die leerders verskillend voorberei wat beteken dat slegs 'n sekere groep leerders goed opgewasse is vir leerinhoud op sekondere skool. Hierdie knelpunte is die besorgdheid van die ondersoek daarom is 'n impak-studie gedoen van die verskillende onderrigpraktyke op graad 7 leerders se voorbereiding vir die sekondere skool. Besondere aandag word gegee aan onderrig en leer in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) omdat dit'n relatiewe nuwe leerarea is en baie opvoeders nie oor die nodige vakkennis beskik om dit aan te bied nie. Terselfdertyd word 'n alternatiewe onderrig- en leerstrategie ondersoek om vas te stel in hoe 'n mate dit opvoeders sal ondersteun om effektief te onderrig en leerders sal help om betekenisvol te leer.otheralgemene bekwaamheidstoetsalgemene onderwys- en opleidingsbandassessment reform groupasesseringstandaardeSuid-Afrikaanse Kwalifikasie OwerheidImpak van klasonderrig en spesialis-onderrig op graad 7 leerders se vordering in die leerarea, ekonomiese en bestuurswetenskappeThesis