Hamman, AbrahamNortje, Windell2017-06-082017-06-082016Hamman, A. J. & Nortje, W. (2016). Die bekendmaking van die identiteit van anonieme minderjariges by meerderjarigheid: regverdigbaar of nie? Litnet Akademies, 13(2): 730-7521995-5928http://hdl.handle.net/10566/2940http://hdl.handle.net/10520/EJC198250Die identiteit van minderjariges word nie bekendgemaak tydens hofverrigtinge nie. Sowel getuies as slagoffers en oortreders kry hierdie vergunning en word deur die wetgewer beskerm. Hierdie beskerming verval egter wanneer hulle 18 jaar oud word. Indien hulle nie die howe nader vir 'n verbod op die publikasie van hul identiteit nie, is daar geen remedie vir sulke persone nie. Hierdie bydrae kyk spesifiek na die posisie van anonieme minderjarige getuies, slagoffers en oortreders wanneer hulle 18-jarige ouderdom bereik. Dit word gedoen om te bepaal of hierdie persone se identiteit met die bereiking van 18 jaar bekendgemaak moet word en of hulle wel geregtig op verdere anonimiteit is. 'n Ander kwessie is of 'n veroordeelde minderjarige misdadiger anders as getuies en slagoffers by die bereiking van meerderjarigheid behandel moet word. Die moontlike effek van media-aanslae op die emosionele ontwikkeling van sulke 18-jariges word ook onder die soeklig geplaas. Verskeie bepalings in Suid-Afrikaanse wetgewing word ontleed wat wel die identiteit van minderjariges beskerm. Die twee uiteenlopende gevalle van Zephany Nurse en die Griekwastad-seun word met mekaar vergelyk. Die een was 'n slagoffer in 'n babadiefstalsaak en die ander 'n veroordeelde minderjarige oortreder. Albei is nou ouer as 18 jaar en waar die een se huidige identiteit deur 'n hofbevel beskerm word, is die ander se identiteit al verskeie kere bekendgemaak nadat hy 18 geword het. Daar word ook verwys na 'n Engelse saak waar beslis is dat twee veroordeelde minderjarige oortreders se nuwe identiteite wel verswyg moet word na hulle 18 jaar oud geword het, omdat die familie en vriende van hul slagoffer moontlik die wet in eie hande kon neem. Daar word aanbeveel dat die wetgewer oorweging daaraan moet skenk om die bekendmaking van die identiteite van minderjarige getuies, slagoffers en oortreders by die bereiking van 18-jarige ouderdom te hersien.afrPublisher has granted permission to upload the published version of this article.BekendmakingBeskermingEmosionele skadeGriekwastad-seunMediadekkingMinderjarigesOntwikkelingsfasePublisiteitVerswyging van identiteitZephany Nurse18-jarige ouderdomDie bekendmaking van die identiteit van anonieme minderjariges by meerderjarigheid: regverdigbaar of nie?Article