David, Ronel SRoman, Nicolette VSchenck, Rinie2021-10-282021-10-282020Davids, R. S. et al. (2020). Horende moeders en vaders se benadering tot ouerskap van kinders met gehoorverlies. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 60(3), 727–744. 10.17159/2224-7912/2020/v60n3a102224-791210.17159/2224-7912/2020/v60n3a10http://hdl.handle.net/10566/6978Navorsing toon dat 90% van kinders met gehoorverlies vir horende ouers gebore word (Cole & Flexer 2016; Lederberg, Schick & Spencer 2013). Hierdie ouers kan probleme ondervind om ’n effektiewe benadering tot die grootmaak van kinders te ontwikkel, en hulle kan dit ’n uitdaging vind om ’n kind met gehoorverlies met selfvertroue groot te maak (Calderon, Bargones & Sidman 1998). Studies dui aan dat interaksie tussen gesinslede, familiehulpbronne en ondersteuningsdienste alle areas van die gesinslewe beïnvloed wanneer daar ’n kind met ’n gehoorverlies in die familie is. Boonop ondervind horende ouers nie net uitdagings ten opsigte van hul kind se gehoorverlies nie, maar is daar sprake van verdere uitdagings soos stres, kommunikasie, maatskaplike ondersteuning en toegang tot inligting. Verder beïnvloed gehoorverlies in kinders ouers se vertroue in hulle vermoë om ’n kind met gehoorverlies groot te maak.otherHearing parentsChild with hearing lossParenting approachesParental self-efficacyParenting roleHorende moeders en vaders se benadering tot ouerskap van kinders met gehoorverliesParenting approaches of hearing mothers and fathers to children with hearing lossArticle