Department of Afrikaans and Nederlands
Permanent URI for this community
Browse
Browsing by Subject "Adam Small"
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
Item Adam Small (75): inleiding(University of Pretoria, 2012) Willemse, Hein; van Wyk, StewardAdam Small het op 21 Desember 2011 sy vyf-en-sewentigste verjaardag gevier. Ter afwagting van hierdie geleentheid het die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) in samewerking met Tydskrif vir Letterkunde 'n simposium met die titel "Adam Small: sy lewe en werk" op Vrydag, 7 Oktober 2011 aangebied. In die loop van sy lewe as 'n skrywer en akademikus was Small aan beide die UWK en Tydskrif vir Letterkunde verbonde. Die universiteit is in 1960 te midde van groot politieke omstredenheid opgerig en Small was aanvanklik die enigste swart lektor. In 1973 bedank hy sy pos as senior lektor in Wysbegeerte in simpatie met studente-eise vir 'n aanneemliker onderrigbedeling op die UWK-kampus. In 1984 keer hy terug as professor en hoof van die Departement Maatskaplike Werk. Twaalf jaar later tree hy uit die diens. Sy verbondenheid aan Tydskrif vir Letterkunde in die vroe� 1960s was van korte duur. Saam met 'n aantal jonger Afrikaanse skrywers wat later as die Sestigers bekend sou staan, was hy deel van 'n nuwe redaksie wat 'n vars benadering in die oudste Afrikaanse liter�re tydskrif wou blaas. Persoonlikheidsgeskille met die ouer garde van Tydskrif het egter daarvoor gesorg dat die voorgenome samewerking slegs een uitgawe sou duur. Met hierdie historiese verbintenisse is dit gepas dat die Small-simposium op die kampus van die UWK plaasgevind het en dat die voordragte in Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer word.Item Mulat-estetiek: �n Analise van Adam Small se dramas(Taylor & Francis, 2004) van Wyk, StewardOpsomming In hierdie artikel word die dramakonvensies van Adam Small ondersoek met besondere aandag aan perspektiewe op die mulat as �n sosiale gegewe. Hierdie element bied �n gepaste invalshoek omdat dit enersyds �n verskynsel is wat Small in sy dramas en ander skryfwerk aansny en daar andersyds �n uitgebreide literatuur bestaan waarin oor die dramatiese, lewensbeskoulike en liter�r-teoretiese inkleding daarvan besin word. Die werk van onder andere Langston Hughes en Derek Walcott word ondersoek om �n leesstrategie te ontwikkel waarmee die Small-teks geanaliseer kan word.Item S� sjibbolet: �n intertekstuele lees(University of Pretoria, 2012) van Wyk, StewardThis article pursues an intertextual reading of Adam Small's collection of poetry S� sjibbolet ("Say shibboleth"). The collection is read alongside texts that refer to "shibboleth" in their titles i.e. works by Paul Celan, Jacques Derrida and Doris Salcedo. The analysis draws on the readings that these texts provide of the Biblical passage in Judges 12 and the possibilities for further analysis that they open up of Small's title poem and collection as well as the insights that they provide into his poetic and discursive utterances with regard to apartheid and Afrikaners. Corresponding features in the writing of Celan and Small are further explored to enlighten their views on language and poetics within past and present contexts.